Hoeveel dra beeste se metaangas by tot klimaatsverandering?


Die Kwik styg, Vrydag 11 Mei 2018 – Hoeveel dra beeste se metaangas by tot klimaatsverandering?

Vir baie Suid-Afrikaners is daar min dinge in die lewe lekkerder as ‘n steak of ‘n skaaptjoppie –soveel so dat ‘n beraamde 900,000 ton vleis jaarliks in die land verslind word. Klimatoloë sê egter mense moet minder vleis begin eet want die metaangas wat deur beeste vrygestel word, dra direk by tot klimaatsverandering. Lizma van Zyl hoor wat die Rooivleisprodusente-organisasie hieroor te sê het.