Hoeveel sterre en sterrestelsels is in die hemelruim?


Hoveel sterre en sterrestelsels is daar in die hemelruim? Dis ‘n tergende vraag, want dit kan nie eintlik getel word nie. Die span praat oor die tegnieke wat gebruik word om die aantal sterre te bereken.

So elke nou en dan hoor ons van mense wat meteore gesien het. Dit was laasweek die geval toe twee groot vuurballe oor die Wes-Kaap waargeneem is. Die span gesels oor die groot meteore, wat eintlik vuurballe genoem word.

Ons word vertel dat klank net in ‘n atmosfeer voortgedra kan word. Matie Hoffman vertel dat klank wel in die ruimte waargeneem kan word, maar op ‘n ander manier.