Is aarde op pad na mini-ystydperk?


Voyager 2 wat nou weer funksioneer.

Voyager 2, wat al buite ons sonnestelsel is, het onlangs probleme ondervind. Die satelliet moes toe van die aarde af herstel word. (Lees meer: https://www.space.com/voyager-2-resumes-science-operations.html ) Jy kan hoor hoe dit gedoen is, en dat dit ‘n sein 34 uur neem om heen en weer deur die ruimte trek.

Daar is meer inligting oor die hardste klank wat op aarde waargeneem is, en dit nie die Saturn-vuurpyle is nie.

Meer gletsers vorm in ‘n ystydperk

Prof. Matie Hoffman vertel van ‘n studie wat daarop dui dat die sonminimum moontlik daartoe kan lei dat ons besig is om in ‘n mini-ystydperk in te beweeg. (Lees meer oor ystydperke: https://en.wikipedia.org/wiki/Ice_age) (Lees ook: http://www.ox.ac.uk/news/science-blog/what-does-glass-prosecco-and-ice-age-ocean-have-common)