Is daar bewyse vir reïnkarnasie?


Is daar werklik bewyse vir reïnkarnasie? Kan ‘n mens waarde heg aan die ‘wetenskaplike’ bewyse van ene prof. Stephenson van die VSA dat reïnkarnasie wel bestaan?

Dít is een van die vrae wat deur wetenskaplikes beantwoord word in Hoe verklaar jy dit?, wat aangebied word deur Chris Swanepoel.

Ander vrae wat beantwoord word, is:

  • Hoekom is brak grond met ‘n hoë soutlading suur, terwyl ‘n mens juis die teenoorgestelde sou verwag?
  • Is dit waar dat die westerse wêreld vir al die belangrike uitvindings verantwoordelik was, en dat mense soos die Chinese alles bloot gekopieer het?