Is daar ‘n tamheid vir renosterstroopnuus?


Sondag vier ons Wêreld Natuurlewedag. Die minister van omgewingsake, Barbara Creecy, het onlangs die jongste renosterstroopsyfer bekend gemaak. Daar is verlede jaar 499 renosters in Suid-Afrika afgemaai vir hulle horings. Sowat 60% van hierdie renosters is in die Hluhluwe Imfolozi-wildreservaat in KwaZulu-Natal gestroop.
Ons praat hieroor met die joernalis, televisieaanbieder en dokumentêre rolprentmaker, Bonné de Bod.