Is die jongste ekonomiese groeisyfers werklik goeie nuus?


Die jongste ekonomiese groeisyfer van 1,6% in die derde kwartaal het heelwat ekonome verbaas. Die konsensusverwagting was net effens bo nul. Nou word nuwe skattings selfs gemaak van groei van soveel as 2,5% vir die jaar. Maar is daar dan net goeie nuus in al die syfers? Ons vind uit by dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum Beleggingsgroep.