Is gelyke onderwys vir almal haalbaar?


Hoe haalbaar is gelyke onderwys waar almal toegang het tot dieselfde infrastruktuur en kurrikulum?

Die Bhisho-hooggeregshof in die Oos-Kaap het ten gunste van Equal Education beslis in die saak tussen dié organisasie en die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga. Equal Education het die departement voor die hof gedaag om hom te dwing om sy spertye te haal vir die voorsiening van infrastruktuur by skole.