Is Indië eersdaags ’n supermoondheid?


7 Mei 2024

Indië se ekonomie het in 2023 Brittanje verbygesteek as die wêreld se vyfde grootste ekonomie. Verlede week is die land se verkiesing afgehandel ná meer as ‘n maand – die wêreld se grootste demokratiese verkiesing. Indië se ekonomie het in 2023 teen ‘n verstommende 7% gegroei, en onlangs het die land se lugdiens die grootste bestelling vir Airbus- en Boeing-vliegtuie in geskiedenis geplaas. Tog word Indië nog nie as ‘n supermoondheid gereken nie. Ons praat hieroor met Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by Solidariteit.