Is jy geregtig op ‘n 13e tjek?


Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat pas gerapporteer is deur die vakbond, NEHAWU, teen die minister van openbare dienste en administrasie, wat handel oor kollektiewe bedinging.

Hy bespreek ook ‘n luisteraarsvraag oor beurtkrag en die gebruik van kragopwekkers in deeltitel-eenhede.

Spesialisgas Est-marié McCallahan praat onder meer oor of jou werkgewer dissiplinêre stappe teen jou kan doen indien jy jouself by ‘n jaareindfunksie wangedra.