Is om slote te grawe die enigste manier om optiese veselkabels te kry?


Veselnetwerk-operateurs moet dikwels slote in paaie en mense se opritte grawe om hulle optiese veselkabels tot by elke huis te kry. Ons het die vinnige internet nodig, maar hou nie van die manier hoe so ‘n slootgrawery inbreuk maak op ons huise, tuine of woonbuurte nie.

Shane Chorley van Frogfoot Networks verduidelik die verskillende maniere wat hulle gebruik om die kabels by huise te kry.