Is SA ‘n Mafia-staat onder beheer van misdaad-sindikate?


Met die onlangse sluipmoord op die likwidateur Cloete Murray en sy seun, Thomas, op die besige N1 by Midrand, meen verskeie kommentators Suid-Afrika beweeg al nader aan ‘n sogenaamde mafiastaat. Die Cloetes is glo geskiet deur sluipmoordenaars wat op ‘n motorfiets verby gejaag het.

In sy jongste boek, Our Poisoned Land, lê Jacques Pauw diep gewortelde korrupsie en misdadigheid in die polisie en ander wetstoepassings-agentskappe soos die staatsveiligheidsagentskap en die regering bloot.

‘n Lywige verslag wat deur die Global Initiative Against Transnational Organised Crime, Gitoc, vrygestel is, skets ‘n donker prentjie oor georganiseerde misdaad in Suid-Afrika. Julian Rademeyer is Gitoc se direkteur vir Oos- en Suidelike Afrika. Julian en Jacques sluit by ons aan.