Satellietbeelde van Tonga vulkaniese uitbarsting; nuutste oor James Webb-ruimteteleskoop; water op Mars?; vryswewende planete?


Kyk na die verstommende satellietbeeld van die vulkaniese uitbarsting Saterdag 15 Januarie aan die kus van Tonga. Dit is die eerste vulkaniese uitbarsting wat per satelliet vasgevang is.

Kyk ook na die tsunami wat die ooskus van Australië kort na die uitbarsting getref het:

 

Sterre en Planete 16 Januarie 2022:

Die James Webb-ruimteteleskoop se reuse spieëls is ‘n paar dae gelede heeltemal ontplooi. Dit is ‘n belangrike mylpaal in die teleskoop se tog na die L2-punt.

Daar is ook nuus oor vogtigheid wat opgespoor is in die Valle Marineres skeurvallei op Mars.

Is dit moontlik dat planete nie om ‘n ster kan wentel nie? Planete is onlangs waargeneem wat vryswewend in die ruimte beweeg.