Jongste oor EU, Kijif-vergadering, Britse hulp en VSA se nuwe standpunt


‘n Amerikaanse Kongres-begrotingsooreenkoms wat Saterdag ter elfder ure bereik is, sluit nie oorloghulp deur Amerika vir Oekraïne in nie. ‘n Paar Republikeinse kongreslede is hewig gekant teen Amerika se voortgesette hulp aan die land.

In teenstelling met Amerika, het ‘n voormalige Britse Minister van Verdediging en weermagoffisier, Ben Wallace, die Britste eerste minister, Rishi Sunak, gevra om dié land se militêre hulp aan Oekraïne met 50% te verhoog tot meer as 2 miljard pond.

Gister het 23 van die 27 EU-lidlande se ministers van buitelandse sake, die eerste keer in die geskiedenis, buite die EU-grense vergader in die Oekraïnse hoofstad, Kijif.

Ons praat hieroor met professor Abel Esterhuyse, verbonde aan die Fakulteit Krygskunde aan die Universiteit Stellenbosch.