‘n Baba ná kankerbehandeling? Dis moontlik!


Prof. Igno Siebert

Leonardo da Vinci se illustrasies van ‘n ongebore baba.

Jy is jonk, maar pas met kanker gediagnoseer. Jy moet chemoterapie of bestraling kry, maar wat van jou drome op ‘n swangerskap in die toekoms? Moenie jou drome vergeet nie, want daar is nou verskeie opsies om jou vrugbaarheid te bewaar en steeds in die toekoms ma of pa te word, sê ’n fertiliteitspesialis prof Igno Siebert van die Aevitas Fertiliteitskliniek in Kaapstad en Dr Rika Pienaar, kliniese en bestralingsonkoloog van Cancercare in Panorama, Kaapstad.

Marí Hudson het by dié twee kundiges gaan vasstel watter opsies jy het om ná kankerbehandeling steeds ’n baba te kan hê. En daar is meer as een opsie.