Kan ‘n dokter gearresteer word bloot omdat pasiënt sterf?


Kan enige dokter netso, sonder enige amptelike mediese of ander ondersoeke, in hegtenis geneem word as ‘n pasiënt sterf. Kan ’n dokter sonder enige uitslag van ’n na-doodse ondersoek, enige ondersoek na die kliniese omstandighede,  gearresteer en in boeie in ’n vangwa na polisieselle geneem?

Word dokters in Suid-Afrika gekriminaliseer? Is enige pasiënte se dood dan moontlik strafbare manslag? Waar laat dit dokters wat ernstige siek mense se lewens probeer red? Watter prosedures behoort gevolg te word as nalatigheid vermoed word?

Marí Hudson gesels met Dr Johannes van Waart en Dr Angelique Coetzee, wat onderskeidelik alle chirurgiese dissiplines en die meeste dokters in die land verteenwoord oor dié kommerwekkende kwessies.

 

https://iono.fm/e/914313