Kantoor van Meester van die Hof uiters wanfunksioneel


Die kantoor van die meester van die hooggeregshof is só wankfunksioneel dat die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie gevra is om in te gryp. Dokumentasie wat veronderstel is om 21 dae te neem om te verwerk, neem maande, selfs jare.

Die meesterskantoor moet volgens berigte, selfs deur hofbevele gedwing word om die werk te doen. Die wanfunksionering het ernstige gevolge vir onder meer die afhandeling van bestorwe boedels.

Ons praat hieroor met Tiaan Joubert, voorsitter van die Gautengse prokureursvereniging.