Kenners besorg oor voorspelde droë winter wat wag


Die jongste seisoenale klimaatvooruitsig wat deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens uitgereik is, het kenners bekommerd oor ’n droë tydperk wat moontlik op die land wag. Die voorspelling is vir April tot Augustus. Sekere damme in die Oos-Kaap is gevaarlik naby aan leeg, en die amperse dag-zero in Kaapstad is nog vars in mense se geheue.

Volgens die jongste voortuitsig lyk dit of die Wes-Kaap dié winter ondergemiddelde reënval sal kry.

Om hieroor te gesels, sluit prof. Francois Engelbrecht, direkteur van Wits se Global Change Instuut, by ons aan.