Kies aftree-voordele pleks van bedankingsvooordele as jy aftree


Omelia Hartzenberg van die Staatsdiens Pensioenfonds praat oor die tendens waar lede binne die aftreeouderdom van 55 tot 60 jaar kies vir bedankingsvoordele in plaas van aftreevoordele.

Terwyl die fonds lede aanmoedig om aftrede te kies en lewenslange voordele te ontvang, blyk dit dat finansiële adviseurs in die versekeringsbedryf hierdie gedrag aanmoedig.