Komati se omskakeling van steenkool-krag tot groenkrag kan bloudruk word


Eskom het verlede week die laaste eenheid by sy stokou Komati-kragstasie afgeskakel. Dié ou strydros in die steenkoolvloot, wat sedert 1961 sy vuil uitlaatgasse die atmosfeer inpomp, gaan nou omskep word in ‘n groenkragbron sonder dat ‘n enkele werksgeleentheid verlore gaan. Die fyn beplanning wat gedoen is vir hierdie omskakeling word beskou as ‘n bloudruk vir wat vorentoe met van die ander ou kragstasies kan gebeur. Ons praat hieroor met Corneels Schabort, chemiese ingenieur by Noordwes-Universiteit.