Kommer oor Staat as diktator vir totale beheer oor Covid- en ander mediese toetse


Woensdag 29 Julie 2020

Daar is baie onsekerhede oor virus-toetse vir Covid-19, maar nou is daar dwingende vrae oor teenliggaamtoetse in Suid-Afrika. Wat gaan aan met die Staat se getalm met goedkeuring van teenliggaamtoetse wat in ’n laboratorium gedoen word? En waarom wil die Staat sekere inligting nie bekend maak nie? Is hier ’n teenliggaam-slang in die gras?

Is dít wat op ons wag met NHI: totale beheer deur die Staat oor watter toetse enigsins in die land gebruik mag word in die staat- en private sektor?

Dokters is inderdaad uiters besorg oor die Staat en die SAHPRA se outoritêre houding oor watter toetse in Suid-Afrika gebruik mag word of nie, of jy nou ‘n staat- of private pasiënt is. Is dit bloot die eerste stap hoe die Staat met NHI sal voorskryf hoe pasiënte behandel behoort te word, met watter medisyne, watter kankerbehandeling, watter toetse hulle mag ondergaan? En dat die res van die medikasie en toetse net eenvoudig nie in die land beskikbaar sal wees nie, al kan dit die verskil tussen lewe en dood beteken? Baie pasiënte en medici vrees dat die NHI ‘n Boa-konstriktor sal wees.

Marí Hudson het navorsing gedoen, belig die kwessie van alle kante en vra kritiese vrae.