Konflik in die Midde-Ooste deur die eeue, deel 1 & 2


Die onlangse ongeëwenaarde aanval deur Iran op Israel het vrese vir ‘n grootskaalse eskalering van die konflik in die Midde-Ooste laat opvlam. Die aanval volg op Hamas se aanval op Israel op 7 Oktober verlede jaar, en Israel se teenaanval wat al meer as ses maande duur.

Konflik in die Midde-Ooste kan veel verder terug gevoer word as 1948 met die totstandkoming van die staat Israel, al hou die konflikte oor die eeue nie noodwendig met mekaar verband nie.

Professor Lodewyk Sutton is hoof van die Departement Ou en Nuwe Testament by die Fakulteit Teologie en Religie aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy spesialiseer ook in antieke tale en kulture, het argeologiese werk in Israel gedoen en lei gereeld toere na Egipte en Israel. Hy praat oor konflik in die Midde-Ooste oor die eeue.

 

Konflik in die Midde-Ooste deur die eeue – Deel 2

Sedert Hamas se aanval op Israel op 7 Oktober verlede jaar, en Israel se teenaanval wat al meer as 203 dae duur, is die konflik in die Midde-Ooste pal in die nuus. Konflik in die Midde-Ooste kan veel verder teruggevoer word as 1948 met die totstandkoming van die staat Israel, al hou die konflikte oor die eeue nie noodwendig met mekaar verband nie. Professor Lodewyk Sutton is hoof van die departement Ou- en Nuwe Testament by die fakulteit Teologie en Religie aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy spesialiseer ook in antieke tale en kulture, het argeologiese werk in Israel gedoen en lei gereeld toere na Egipte en Israel. Ons praat verder met hom in ons kort reeks oor konflik in die Midde-Ooste oor die eeue.