Konsepwetgewing oor NGV wek kommer oor gesondheidsdienste en nuwe plundering


Die konsepwysigings aan die wetsontwerp vir die skepping van die nasionale gesondheidsversekering, of die NGV, is Vrydag deur die portefeuljekomitee oor gesondheid goedgekeur. Dit baan nou die weg vir vir die konsepwet om deur die parlement goedgekeur te word. Die NGV se oogmerk is om alle geld wat aan mediese sorg bestee word – private bydraes aan mediese fondse én die staatsbegroting – in een poel te gooi sodat gesondheidsorg vir almal beskikbaar is.

Om hieroor te gesels sluit Philip van Staden, die VF+ se woordvoerder oor gesondheid, by ons aan.