Korrelbed-kernkrag vir boere beplan


Toe die Suid-Afrikaanse regering die ontwikkeling van die modulêre korrelbedreaktor onder oudpresident Jacob Zuma gestaak het, was Suid-Afrika aan die voorpunt van dié tegnologie.

Baie van die wetenskaplikes betrokke by die ontwikkeling van die korrelbedreaktor het egter voortgegaan daarmee in ander lande, onder meer saam met die beleggingsmaatskappy, C5 Capital in Washington DC. C5 en die landbouorganisasie, SAAI, het nou ’n vennootskap aangegaan om reaktors en wetenskap in te span om Suid-Afrikaanse boere by te staan.

Ons praat hieroor met die vennoot vir Afrika en die Midde-Ooste van C5 Capital, Chris Opperman, en met dr. Theo de Jager, voorsitter van Saai.