Korrupsie by die Nasionale Lotery op alle vlakke


Is dit moontlik om te kwantifiseer wat korrupsie op grondvlak aan mense doen? Een plek met groot geld is die Nasionale Lotery, en as jy die nuus dopgehou het sou jy sien hoe senior leiers een na die ander bedank nadat grootskaalse korrupsie op die lappe gekom het.

Die storie het ‘n lang aanloop, en ‘n joernalis van Limpopo het al so lank terug as 2017 op ‘n slang in die gras afgekom. Anton van Zyl, eienaar van die Zoutpansberger en Limpopo Mirror, sluit by ons aan om te vertel van die Lotto-projekte waarna hy gaan soek het, maar nooit gevind het nie.