Kuier weeksoggende ‘Tussen Vriende’ op RSG


‘n Nuwe oggendboekvoorlesing, Tussen Vriende, deur Derick van die Walt, het vandag 15 September op RSG begin.

Weeksdae, 10:45 in Alhoebekker.  Die leser is Estel de Beer.

Die storie

Dit handel oor die wel en weë van drie egpare in hulle vyftigs.

Daar is Cassie en Phoebie; Ingrid en Adriaan; en Will en Soekie.  Almal suksesvol, redelik welaf, en vir dekades lank al vriende.  Maar dan vind Cassie en Adriaan uit dat Will ‘n verhouding met ‘n veel jonger kollega aangeknoop het. Hoe hanteer ‘n mens dit?  Praat julle daaroor of ignoreer ‘n mens dit net?

Phoebie is in ‘n ewige stryd met haar gewig – en met haar Ma.

Estel de Beer

Ingrid het dalk kanker.  En Soekie lyk soos ‘n ouerige model, maar haar vriendinne meen daar is fout in haar oë.  Daar is  komiese oomblikke, eietydse kwessies soos identiteit en emigrasie; en kinders in die buiteland.

‘n Eg-menslike storie oor vriendskap, en vriende; vergifnis en aanvaarding.

Lees ‘n resensie oor die boek:
https://www.litnet.co.za/tussen-vriende-deur-derick-van-der-walt-n-resensie/