Kunsbloed op ongelukstonele kan tot 30% meer lewens red


Die gebruik van kunsbloed op ongelukstonele kan moontlik 10% of meer lewens red.

Dis waarom ’n span nood-dokters en paramedici die gebruik van kunsbloed, wat inderdaad suurstof na selle kan vervoer, saam met plasma wat bloed kan laat stol, die eerste keer in Suid-Afrika op ongelukstonele gaan toets.

Marí Hudson gesels met dr. Willem Stassen, ’n man met ’n doktorsgraad in Paramediese Sorg, oor kunsbloed, bloedverlies ná ongelukke en hoe optrede in die eerste goue uur lewens kan red.