Lekker luister: Piet vat die pad met sy perdekar en vlaamperde


Hy is ‘n Senekaller in murg en been, met ‘n liefde om die droë dele van die land te verken met sy perdekar en vlaamperde. Piet Coetzer, ‘n boer van die Senekal-distrik in die Oos-Vrystaat, vertrek op ‘n epiese tog van meer as ‘n 1 000 km deur die Karoo en die Boesmanland.

Sy reis begin in Philippolis, wat die naweek sy 200e bestaansjaar vier.