Luister Donderdagaande na ‘Glasiewynfontein’
Luister van Julie elke Donderdagaand half-nege na GlasieWynFontein, ‘n musiekreeks deur Jak de Priester.
Jak de Priester skryf:
“Die afgelope tien jaar het ek twee suksesvolle onderhoud-gebaseerde programme op Kyknet gehad, Reis na Gister en KoppieTeefontein.
Dit het my liefde vir onderhoudvoering asook my vaardighede baie ontwikkel en my blootstelling gegee aan ongelooflike gaste – van sakemagnate, sportsterre, akteurs, sangers en nog meer.
In plaas van tee, gaan drink ek n glasie wyn by my gaste. Ons gesels oor alles en die gaste voorsien my van vier spesifieke liedjies waarna ons luister gedurende die 25 min en tussendeur kuier.
Liedjie 1. ‘n Liedjie uit hul skooljare, die een song wat hul terugneem skool toe. Byvoorbeeld: Time of my life uit Dirty Dancing, want die gas was in matriek en daai liedjie het alles verander..
Liedjie 2. ‘n Liefdesliedjie. As die gas ‘n romantiese hoofrol sou speel, wat sou die liedjie wees wat hy of sy sou kies om die oomblik vas te vang, byvoorbeeld Unchained melody.
Liedjie 3. ‘n Dansliedjie. Die liedjie wat die gas sal laat opstaan en dans by n troue self’s al hou hy nie van dans nie.
Liedjie 4. ‘n Begrafnisliedjie. Aas die gas ‘n liedjie kon kies wat op sy of haar begrafnis moes speel, wat sou dit wees?
Ek en my gas kuier lekker oor n glasie wyn. Ons speel die liedjies en ons geniet 25 min se vermaak saam.met die luisteraars op GlasieWynFontein.