Luister na verse van Koos Kombuis


Koos Kombuis

Ons luister ons na verse en liedjies deur Koos Kombuis, of André Letoit (die skuilnaam wat hy vroeër gebruik het). Pieter van Zyl skuif agter die mikrofoon in en lees enkele van sy gunsteling gedigte uit drie van Letoit/Kombuis se bundels voor.

“Eers was daar André le Roux du Toit wat in 1981 saam met Daniel Hugo, Peter Snyders en Etienne van Heerden in Brekfis met vier sy poetry die wêreld ingestuur het.” Onder die skuilnaam André Letoit het Suburbia in 1982 en ‘n tweede druk daarvan is in 2003 uitgegee. Hierdie bundel is toe gevolg deur Die geel kafee in 1985.

In Dewald Koen se woorde: “Allawêreld! Daar kom Afrikaans se eie Beat generation-poet toe na vore met sy lekker loslit vrye verse vol surrealisme en dekadensie.” In 2018 verskyn die bundel Vandag wil ek my blou skoene dra.