Mabuza betrek by misdaadsindikate


Net toe jy gewoond geraak het aan die gemors waarin die president homself bevind weens die Phala Phala-sage, moet jy nou boonop hoor sy adjunk is glo ‘n topverdagte in ‘n georganiseede misdaadklagte. Die verskil is dat adjunkpresident David Mabuza, ook bekend onder sy bynaam The Cat, se moeilikheid nie deur die oudspioenbaas Arthur Fraser op die lappe gekom het nie, maar danksy die Organisasie teen Belastingmisbruik, die fluitjieblaser Fred Daniel en Daily Maverick.

Wayne Duvenage van OUTA sluit by ons aan om te verduidelik hoeveel lewens die kat nog oor het.