Madame Pylinski is nuwe laataand-boekvoorlesing


Luisteraars kan in Augustus uitsien na ‘n splinternuwe laataandboekvoorlesing op RSG.

Die bekende akteur Chris van Niekerk lees voor uit Madame Pylinska en die Geheim van Chopin.

Chris van Niekerk en Eugene Joubert

In April vanjaar ontvang Chris die SA Akademieprys vir dié drama. Dit volg kort op die hakke van die gelyknamige produksie  wat hy by Aardklop opgevoer het.

Chris van Niekerk as Eric-Emmanuel Schmit, die skrywer van die verhaal.

Die boek is vertaal deur prof. Naòmi Morgan en is uitgereik deur Naledi.