Maermaak-middels: werk dit of nie?


Byna die helfte van ons land se bevolking is oorgewig. Baie is gretig is om gewig te verloor, en wil dit vinnig afskud. Hulle is desperaat en wend hulle tot oor-die-toonbank of aanlyn maermaak-middels.

Is daar iets wat ons kan sluk wat ons kan maermaak? Vetverbranders, metaboliese versnellers, CLA, stimulante en baie ander middels word geadverteer as maermaakmiddels. Werk dit? Wat kan mens doen? Kan dit jou help om gewig te verloor? Is daar verskuilde gevare of nie? Het dit op die langtermyn ‘n effek op jou metabolisme of jou hart?

Prof Tess van der Merwe, endokrinoloog van die Universiteit van Pretoria en ook in private praktyk in Johannesburg, het met Marí Hudson gesels en bespreek die algemeenste maermaak-middels.