Kragkrisis: Mantashe is vlieg in salf; De Ruyter se plan


Mantashe is die probleem

Verskeie burgerlike organisasies se geduld raak op met Gwede Mantashe, die minister van energie.

Hulle wil hê hy moet onmiddellik die bou van hernubare energiebronne toelaat sodat dit by die nasionale kragnetwerk gevoeg kan word. Mantashe se handtekening is nodig vir enige groot kragprojek van meer as 100 megawatt, en hy kan dus teoreties Eskom se chroniese tekorte oplos.

Daar was die naweek gesprekke tussen Eskom en die regering, maar ons is nog nie seker presies wat hulle in die mou voer nie. Neville van Rooy van The Green Connection vertel ons wat hy glo die oplossing is.

 

De Ruyter se Plan

Die Eskom-baas André de Ruyter het verlede week in ‘n onderhoud laat blyk dat hy besig is met ‘n plan om voormalige werknemers terug te lok na die nutsmaatskappy, en dat dit die volle steun van die minister van openbare ondernemings het.

Dié plan sluit ook in om die oorspronklike vervaardigers van toerusting te kry om self instandhoudingswerk te doen op die dele van die kragstasies waar Eskom-personeel tekort skiet.

Helgard Cronjé praat namens die vakbond Solidariteit oor Eskom-aangeleenthede, en ons vra hom uit oor dié plan.