‘Mashatile eintlik al president’


In ‘n onlangse artikel op die aanlynpublikasie, BinneLand, skryf die politieke ontleder van die Noordwes Universiteit, professor Piet Croucamp, dat president Cyril Ramaphosa geabdikeer het en adjunkpresident Paul Mashatile vir alle praktiese doeleindes die land en die ANC se president is. Piet skryf, terwyl Ramaphosa hom besig hou met vroompraatjies oor die Nasionale Dialoog, het hy Suid-Afrika verkoop vir ‘n pot lensiesop.