Meer oor donker energie; yslae; die Dragon ruimtetuig


Donker energie is ‘n moeilike begrip om te beskryf, maar prof. Matie Hoffman is die regte persoon om dit te doen.

Kunsmatige intelligensie is deesdae ‘n gonswoord. Die vraag is nou watter toepassings dit in ruimtetegnologie het.

Jaarringe word gebruik om ‘n boom se ouderdom te bepaal. In ‘n sekere mate kan yslae ook gebruik word om die aarde se geskiedenis vas te stel. Navorsers in Japan het onlangs inligting daaroor in ‘n gesaghebbende wetenskaplike joernaal gepubliseer.

Private ruimtevaarders het onlangs met die Dragon-ruimtetuig na die Internasionale Ruimtestasie vertrek. In RSG Geldsake het Ryk van Niekerk met André Pienaar van Axiom oor die projek gesels. Ons luister na ‘n fragment van hierdie gesprek.