Megan Raaths vertel: My pa het my nie verkrag nie


Megan Raaths

RSG gesels met Megan Raaths, wie se pa destyds skuldig bevind is aan seksuele aanranding van Megan nadat maatskaplike werkers en haar ma haar na bewering afgerig om sekere dinge in die hof te vertel.

‘n Opspraakwekkende dokumentêre TV-program vertel die verhaal van Meghan Raaths en haar pa Abrie.

Hy is destyds skuldig bevind op vier aanklagte van verkragting en twee van seksuele aanranding van Megan. Hy dien lewenslange tronkstraf hiervoor uit.

Maar nou het Megan na vore gekom om te sê haar pa is eintlik onskuldig in die tronk.

Sy verkwalik haar ma en die maatskaplike werker aan wie sy antwoorde gegee het, wat sy nou beweer nie die waarheid was nie.

Dit het alles in 2009 begin met ‘n eksplisiete skets wat in Megan se skooltas ontdek is.