Meningitis: die siekte waar die bakterie gevaarliker is as die virus


Meningitis is die mediese woord vir breinvliesontsteking. Dit beteken die drie lae van vliese om die brein en rugmurg ontsteek en is dus geswel en beide die swelling en infeksie kan die brein self tydelik of blywend beskadig.

Meningitis kan in twee hoofgroepe verdeel word, naamlik chroniese meningitis en akute meningitis.

  • Akute meninigitis word hoofsaaklik deur twee organismes veroorsaak: een van verskeie bakterieë of een van verskeie virusse,
  • terwyl chroniese meningitis gewoonlik die komplikasie-infeksie is van ‘n ander infeksie soos veral TB, HIV of Herpes.

© Marí Hudson