Minister oor Starlink en TV-lisensies


Die debat oor die internetdiensverskaffer, Starlink, woed al ‘n paar jaar, en is op die spits gedryf ná die Suid-Afrikaanse afvaardiging se besoek aan die Withuis. Starlink is in meeste van Suid-Afrika se buurlande beskikbaar. Intussen is daar oënskynlik vergunnings gemaak om Starlink ook in Suid-Afrika toe te laat, ondanks Elon Musk se weiering om aan direkte swart ekonomiese bemagtigingsmaatreëls te voldoen.
Ons praat hieroor met die Minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi.