MIV en ontkenning: Is SA besig om ou foute te herhaal?
Dis al twee dekades sedert Suid-Afrika die stryd teen vigs-ontkenning gewen het, maar is ons nou op die drumpel van ’n nuwe era van ontkenning? Sedert die beëindiging van verskeie MIV-projekte wat deur die VSA befonds is, waarsku navorsers oor ‘n vinnige en stille krisis wat ontvou: gemeenskapsklinieke het gesluit, mense hou nie by hulle behandelingsplanne nie, en voorkomingsdienste val plat. Tog sê minister Aaron Motsoaledi die impak is oordryf – die VSA dra glo net 17% by tot die MIV-begroting.
Wat is die waarheid? Is ons besig om terug te gly na ’n kultuur van ontkenning?
Ons praat hieroor met Mia Malan, die stigter van Bhekisisa.