Moenie gestrande seeskilpadjies teruggooi in see nie


Dinsdag 13 Maart 2018: Moenie gestrande seeskilpadjies teruggooi in see nie

Klein leerrug en karet-seeskilpadjies spoel oral op Wes-Kaapse strande uit. Die Twee Oseane Akwarium in Kaapstad sê as mense op die seeskilpaaie afkom, moet hulle eerder na die akwarium geneem word en NIE in die see gegooi word nie. Die jong seeskilpaaie is afkomstig van die KwaZulu-Natalse Noordkus waar hulle uitbroei tussen Januarie en einde April. Peter Jacobs van Ufudu Seeskilpadbewaring sê die skilpaaie word deur stroms en sterkseestrome in die kouewater gedruk, waar hulle dan onaktief raak weens die koue.

Donderdag 1 Maart 2018: Seeskilpaaie aan SA kus al meer bedreig

Op een van Suid-Afrika se besigste strande, vind een van die wêreld se natuurlike wonders daaglik plaas, sonder dat mense daarvan bewus is. Tussen Oktober en April lê duisende leerrûg- en karetskilpaaie hulle eiers in die sand by Sodwana aan die KwaZulu Natalse kus. Vanaf einde Januarie broei die neste uit en duisende seeskilpadjies skarrel oor die sand om in die see te kom voordat roofdiere hulle vang. Die gebeurtenis is ook een van die hoofredes hoekom die gebied deel vorm van ‘n wêrelderfenis gebied. Maar van die inwoners, navorsers en bewaringsgroepe waarsku dat die seeskilpaaie en die gebied, al meer onder druk kom weens, besoedeling, stropery en klimaatsverandering…

Donderdag 1 Maart 2018: Seeskilpaaie kan binne die volgende 25 jaar uitsterf

Al die navorsing wat op die strande gedoen word oor Seeskilpaaie, beland uiteindelik by Suid-Afrika se voorste marine- navorser wat spesialiseer in seeskilpaaie, Prof Ronel Nel . Nel is verbonde aan die Nelson Mandela universiteit. Sy het ook pas ‘n navorsingsbeurs van Pew Marine Navorsing instituut ontvang om die seeskilpaaie wat aan ons kus, nes maak, te bestudeer. Suid-Afrika is tans die leier in navorsing en dit wat bekend is oor seeskilpaaie in die wereld. Nel sê dat baie min Suid-Afrikaners bewus is van hulle eie erfenis in die land.