Moet die Poskantoor gered word?


Dit is vanjaar 231 jaar sedert die eerste posdiens in Suid-Afrika begin is. En vanjaar is die Suid-Afrikaanse Poskantoor voorlopig gelikwideer.

Dié staatsbeheerde maatskappy het die afgelope vyf jaar byna R8 miljard se reddingsboeie gekry, en die kans dat jou pakkie of brief betyds, of enigsins afgelewer word, is volgens die Poskantoor se eie jaarverslag, slegs 68%. Intussen floreer talle private koerier- en posdienste.

Moet die Poskantoor gered word? Dis ook die vraag wat Jaco Visser in die Financial Mail vra. Jaco is ‘n senior joernalis by die Financial Mail.