Wat beteken jou swygreg?


In Amerikaanse TV-reekse word dikwels verwys na ‘Taking the Fifth” as die karakter sy swygreg uitoefen. Wat beteken ‘n mens se swygreg teenoor die polisie, of in die hof?

Dít is een van die hofsake wat Igna Klynsmith in Regsake bespreek.

Ander regsaspekte wat bespreek word, sluit in:

  • Hoe is die definisie van verkragting onlangs uitgebrei om sodomie in te sluit?
  • Wat is die funksie van die Reserwebank?
  • Igna Kynsmith bespreek ook ‘n eis van R6m teen die eienaar van ‘n volstruis? Het dit geslaag?
  • Hy verduidelik ook meer oor ‘n eis teen ‘n hospitaal nadat ‘n tweejarige seuntjie uit ‘n bed geval het.