Regsake: ‘n Hoëhakskoen-beleid; bankrotskap in ‘n huwelik


Igna Klynsmith bespreek ‘n saak waar ‘n mynmaatskappy ná ‘n risikobepaling, besluit het dat die dra van hakskoene ‘n veiligheidsrisiko inhou, en dat dissiplinêre stappe gedoen sal word indien daar nie gehoor gegee word aan dié beleid nie. Daar was ‘n werknemer van die myn wat haar nie aan die beleid gesteur het nie.

Igna bespreek ook ‘n saak wat verband hou met bankrotskap in die huwelik, en verduidelik hoe dit hanteer word indien jy binne of buite gemeenskap van goedere getroud is.