‘n Kykie na die Transnet-pensioenarisse se klasaksie


Hoe het die klasaksie gewerk waarin Transnet pensioenarisse geveg het vir hulle beloofde pensioenvoordele?

Wynanda Coetzee, die prokureur wat namens die meer as 66 000 pensioenarisse opgetree het, vertel aan Wessels en Igna Klynsmith hoe alles gebeur het, en waarom dit so lank geneem het sedert die benadeling reeds in 2003 begin het.

Igna beantwoord ook die luisteraarsvrae:

– of jy jou deeltitelwoonstel as vakansieverblyf mag uitverhuur, en

– watter regstelsel van toepassing is as jy in die buiteland trou.