Is heuning van giftige plante veilig vir die mens?


In Hoe verklaar jy dit?, antwoord wetenskaplikes vrae van luisteraars. Die program is onder leiding van Chris Swanepoel.

Die vrae wat bespreek is, is:

  1. Hoekom is daar ‘n verskil tussen die lesing op ‘n motor se snelheidsmeter en die lesing op die GPS?
  2. Watter bedreiging hou droogtes vir verkleurmannetjies in?
  3. Hoe raak ‘n mens veilig ontslae van ‘n swerm bye in ‘n boorgat?
  4. Die werkerbye gaan haal nektar en bring dit na die korf om heuning te maak. Die werkerbye werk hul letterlik dood. Hulle vlieg hul vlerkies stukkend. Teen die tyd wat hulle op die grond na nektar soek, is hulle vlerke al baie uitgerafel.

    En is heuning wat van giftige plante se nektar gemaak is, veilig vir die mens?