SA moet meer doen teen klimaatsverandering


Doen SA genoeg om klimaatsverandering aan te pak? Het ons genoeg kundiges? Wat is die Regering se beleid oor klimaatsverandering?

Die voorsitter van die Inter-regeringspaneel oor Klimaatverandering, Hoesung Lee, sê daar is nie genoeg wetenskaplikes in Afrika is nie wat belangstel om klimaatsverandering te bekamp. Lee het tydens ‘n werksessie in Durban gesê klimaatsverandering word ‘n al hoe groter probleem en dat die tyd besig is om uit te loop. Wetenskaplikes bestempel Afrika as een van die kwesbaarste vastelande vir klimaatsverandering. Lee sê die onlangse droogtes en hoë temperature is ‘n aanduiding dat Afrika met die res van die wêreld moet saamwerk om te verhoed dat die gemiddelde temperatuur nie met meer as 1,5 grade Celsius styg nie.

Lynette Francis kyk na wat in Suid-Afrika gebeur om die probleem aan te pak. Wat het ons in terme van wetgewing? Hoe vergelyk ons met die res van die wêreld? Weet mense op grondvlak wat die beleid op regeringsvlak is?