Nee, dis nie die koue front wat ou beserings laat pyn nie


Kan ‘n naderende koue front ‘n ou rugbybesering meer laat pyn?, is een van die vrae wat ‘n luisteraar aan die span wetenskaplikes aan boord van Hoe verklaar jy dit? stel. Die antwoord is toe: nee, dis nie die naderende koue nie, dis dalk die naderende lae druk stelsel.

En nee, dis nie die smeltende sneeu wat die Bolandse damme gaan volmaak nie.

Luister gerus na die volledige antwoord, en ook die antwoorde op die ander vrae:

  • Hoekom maak kuifkop-houtkappers nes, skaars ‘n meter bokant die grond?
  • Hoe werk goëlery soos dr I.D. du Plessis in sy boek “Uit persoonlike ondervinding”, beskryf?
  • Is daar fossiele in die gesteentes van die Tankwa Karoo?
  • En uit hoeveel water bestaan sneeu?