Nuus: Meer moorde; Brandstofpryse; F1…


Die jongste misdaadstatistiek word bekendgemaak – ‘n toename in moord, en afname in verkragting is in die laaste drie maande van 2021 aangeteken. Ekonome deel hulle verwagtinge van die begrotingsrede. ‘n Styging in brandstofpryse word verwag. Die voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging sê sy is gedwing om te bedank. Meer polisielede word opgelei om sake van geweld teen vroue en kinders te ondersoek. Veranderings in Formule Een ná die omstrede wedren in Abu Dhabi verlede jaar.