Nuwe soorte kankerbehandeling lewer al beter resultate


Met immunoterapie takel jou eie T selle kankerselle. Hierdie 3D rekenaarvoorstelling toon hoe T limfosiet witbloedselle die blou en groen kankerselle aanval. T-limfosiete herken ‘n spesifieke area op die oppervlakte van die vreemde indringersel, bind daaraan en vervaardig dan teenliggame om die indringerselle te elimineer. Lees meer.

Om ‘n kankerdiagnose aan te hoor, is gewoon skrikwekkend, maar dan begin die beplanning van die behandeling.

Wat is die behandelingsmetodes wat deesdae toegepas word?

Wat is die nuutste soorte behandeling?

Hoe skakel immunoterapie jou eie T-selle aan om teen die kankerselle te veg?

Lewer dit beter resultate?

Marí Hudson praat hieroor met Dr Samuel Fourie, ’n kankerspesialis van Pretoria.