Ons salueer Afrika se ‘Marsman’


Dr Japie van Zyl

Japie van Zyl, internasionaal bekende NASA ingenieur wat in beheer was van meer as 20 suksesvolle ruimtesendings na Mars en ander hemelliggame, is op 27 Aug in die ouderdom van 63 dood.

Hy het Maandag in die oprit van sy huis in Pasadena, Kalifornië inmekaargesak nadat hy van sy oggend-drafsessie teruggekeer het. Hy het nie daarna sy bewussyn herwin nie en is Woensdag 26 Augustus dood.

Hy was bekend aan RSG luisteraars as een van ruimtekenners op die paneel van Sterre en Planete en het kort voor sy dood juis verduidelik hoe moeilik dit is om die presiese landingsplek van die Mars verkenningstuie uit te werk. Een van sy verkenningstuie is tans op pad na Mars.

Hy word as een van die wêreld se grootste ruimtewetenskaplikes beskou. Hy is deur Nasa vereer op dieselfde manier as Neil Armstrong en Buzz Aldrin, die eerste 2 mense wat voet op die maan gesit het. Danksy sy sendings in die sonnestelsel en spesifiek na Mars, is daar ontdek dat Mars eens ‘n waterryke planeet was wat waarskynlik lewe onderhou het.

Van Zyl het ná sy uittrede uit Nasa, het hy Hydrosat gestig met die oogmerk om deur satelliettegnologie boere te help om vas te stel presies wanneer en hoeveel water elke gewas moet kry.

Luister hier na die huldeblyk wat Hennie Maas in Sterre en Planete saamgestel het.

 

 

 

Claude Moller links en Hennie Maas regs saam met Japie na ‘n lesing wat by die SABC gehou is.

Japie besig met tuinwerk met sy grendel haredos.



 

Japie van Zyl

Japie van Zyl by die sterrewag op Naval Hill in Bloemfontein

Japie van Zyl toe hy sy eredoktorsgraad van die US gekry het.

Lees en luister ook:
https://maroelamedia.co.za/debat/briewe/japie-van-zyl-nasa-het-n-ster-verloor/

https://www.news24.com/news24/southafrica/news/celebrated-nasa-scientist-japie-van-zyl-dies-20200827

http://www.sun.ac.za/english/Lists/news/DispForm.aspx?ID=7631

https://af.wikipedia.org/wiki/Japie_van_Zyl